Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 11 of 11 matches in All Departments
’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met ’n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Die mans in Rose se lewe het haar almal gedrop. Na haar boetie, Gerard, se dood het haar ouers ook van haar vergeet. Deesdae kyk haar ma hopeloos te diep in die bottel en dwaal haar pa se oog heeltemal te veel. Vir Rose is hulle net Blackie en Verona, die mense met wie sy 'n huis moet deel tot sy agtien is. Haar laaste hoop en anker was Rodriek, maar ook hy begin vreemd optree. Hoekom maak hy asof sy saam met hom iets spesiaals gedeel het? Het hy haar drankie gedokter om haar in die bed te kry? Hoekom kan sy niks van die aand onthou nie? Vir die eerste keer in haar lewe is Rose werklik alleen. Selfs haar boesemvriendinne mag nie die detail van die verskriklike aand weet nie. In 'n tyd waar niks sin maak nie, is Rose van een ding seker: sy moet Rodriek terugkry. As sy haar kaarte reg speel kan sy dalk haar ouers se aandag ook terugkry. Sorrie maak nie gesond nie is 'n verhaal oor oorsaak en gevolg, waarheid en leuens en wat dit beteken om verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem. Anzil Kulsen toor met woorde sodat jy wegraak in 'n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak. Met Anzil se sukses tot op hede, is dit geen verassing nie dat hierdie boek moeiteloos alle rasse en kulture insluit sonder om 'n wroeg-en-preek-boek te wees. 'n Sorrie maak nie gesond nie is landswyd in toonaangewende boekwinkels beskikbaar en ook as e-boek te koop.
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .
Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme? Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan. Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?
Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . .
Ses vroue van verskillende agtergronde beland saam op ’n plaas in die Cederberge. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los. ’n Aksiebelaaide roman ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel.
Van kleins af weet Ragab sy is anders. Terwyl die stad om haar vol geweld en sonde is, hoor sy die God van Israel se stem en sy weet sy is geroep om deel van Sy volk te wees. Maar niemand wil haar glo nie, en haar ouers raak net kwaad as sy met hulle daaroor praat. Selfs toe sy grootword en as ’n gesellin in die stad moet werk terwyl oorlog broei, hou sy vas aan die belofte dat die God van Israel haar gaan red. Toe twee Israelitiese spioene eendag in Jerigo opdaag weet sy dis die antwoord op haar gebed, maar daar wag nog ’n groter toets van haar geloof. Hierdie pragtig geïllustreerde hervertelling van die storie van Ragab is vol hoop en inspirasie vir meisies. Dit is die eerste boek in ’n nuwe reeks oor vroue van die Bybel.
In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle
nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg
geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral
onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale
Danskampioenskap deel te neem.
In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper
daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem
nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was.
Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is 'n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa.
|
You may like...
|